TV Lisensie: Dalk nuwe aanslag

Die SAUK wil die betaal van TV lisensies so doen dat dit wel betaal word. Tans betaal baie min TV eienaars hulle lisensiegeld, en dit kan moontlik verander.

Die uitsaaier kyk glo na die moontlikheid om ʼn woonplek heffing ingestel te kry wat die TV lisensiegeld sal beteken. Dit sal glo die bedryf stabiliseer as so ʼn heffing ingestel kan word wat die huidige situasie van wanbetaling kan omkeer.

Die oogmerk is dat alle geboue wat as wooneenhede beskou word, met die heffing belas sal word, en dat toegang tot die SABC kanale daarmee gekoppel word.

Die Kommunikasie owerheid (OKOSA) het ook gehoor dat die nasionale uitsaaier reken so ʼn heffing kan deur MultiChoice se DSTV gevorder word en dan oorbetaal word aan die nasionale uitsaaier.