Transnet verloor miljoene Rand

Die Transnet olie vervoer wat met ʼn pyplyn netwerk verrig word, word beskou as die mees suksesvolste metode om die massa volumes te versend.

Die afgelope week het dit egter aan die lig gekom dat Tansnet miljoene liters olie verloor wat uiteindelik nie by die bedoelde bestemming aankom nie.

Die Transnet pyplyn se netwerk van 3,500 kilometer lank, vervoer sowat 16 miljard liter brandstof per jaar, maar al die vloeistof bereik nie die eindbestemming nie.

Meer as R100 miljoen se brandstof, wat ongeveer 8 tot 9 miljoen liters is, “raak weg” in die proses. Die plan is glo om die pyplyn te begin bewaak met hommeltuie en sekuriteit personeel, maar om die afstand van 3,500 km pyplyn netwerk te bewaak, gaan ʼn reuse uitdaging wees, het kenners opgemerk.

Transnet is verantwoordelik vir die vervoer van petrol en diesel, en enige onrealistiese verliese van liters brandstof, is vir hulle rekening, het ingeligte bronne uitgewys.