Transitorowers wou ontsnap

 Tien beskuldigdes van ʼn transito rooftog het in die Hooggeregshof verskyn in Wes-Transvaal, maar die regsverteenwoordiger het gevra om uitstel omdat meer tyd nodig is om die hofstukke te bestudeer.

Die klomp beweerde misdadigers het in die hof verskyn terwyl besonder streng veiligheidsmaatreëls ingestel is nadat bewerings gemaak is dat hulle van plan was om te ontsnap.

Onbevestigde berigte is ook ontvang dat hulle beplan het om die land te verlaat, maar daarvoor kon geen bewyse gevind word nie.

Die tien mans staan tereg op aanklag van poging tot moord, asook die besit van ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. ʼn Verdere klag van moord is ook teen die mans ingebring, wat alles deel uitmaak van die mislukte transito rooftog wat naby Lichtenburg, in Wes-Transvaal uitgevoer is.

Tydens die rooftog is een van die Valke se bemanning geskiet en vier mense in die nabyheid, is gewond. Daarna het die rowers naby Coligny nog ʼn lis van die Valke doodgeskiet, en drie rowers het in die skietgeveg omgekom.