Terug na Vlak 2 gegrendel

Die ANC regering het besluit om die grendeltyd van Suid-Afrika na Vlak 2 te verlig wat aansienlike verbetering in die omstandighede van sakelui beteken.

Die verandering volg nadat die afgelope week se nuwe infeksie gevalle aansienlik gedaal het, en dat veel minder sterfgevalle daagliks aangeteken word.

Van die belangrikste veranderings wat intree met Vlak 2 vanaf vandag, is die byeenkomste soos kerkdienste en vergaderings waar 250 mense nou in ʼn gebou mag bymekaarkom. Die gewone voorsorg moet steeds gehandhaaf word: Maskers, hande was, en sosiale afstand is van die belangrikste maatreëls wat toegepas moet word. Byeenkomste buite enige geboue sal tot 500 mense toegelaat word,,  maar begrafnisse bly by ʼn maksimum van 50 mense.

Drankwinkels mag Maandag tot Vrydag hulle deure oop hou vanaf 10h00 soggens tot 18h00 in die middag.  Alkohol verkope wat op die perseel gedrink word, soos kroeë en restourante mag tot 22h00 wees.

Die ANC president sê die maatreëls sal binne twee weke heroorweeg word, en waarnemers is van mening dat die nuwe maatreels ook kan bydrae tot die geleidelike terugkeer na ʼn beter “nuwe normaal”.