Tekort aan J&J entstof in SA

Die Suid-Afrikaanse inenting veldtog teen die infeksie van koronavirus verloop veel stadiger as wat die regering onderneem het.

Te midde hiervan, is nou ook vasgestel dat ʼn tekort aan Johnson & Johnson entstof ondervind word, wat die stadige pas van inenting verder verlam.

Klaarblyklik is die tekort toe te skryf aan die onvermoe van die vervaardigers in Amerika om in die aanvraag te voorsien.

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het egter enkele weke gelede vertel dat SA voldoende entstof in voorraad het om 70 tot 80 persent van die bevolking te immuniseer. Dit maak dit onduidelik oor waarom die veldtog nie versnel kan word met die gebruik van Pfizer entstof nie, word gevra.

Onbevestigde berigte lui dat J&J entstof iewers gedurende Oktober afgelewer gaan word, maar bekommerde mense vra wanneer moet hulle weer geënt word want dit wil lyk of die bestaande entstof soorte slegs 6 tot 8 maande effektief is.

Die moontlikheid dat mense elke ses of agt maande geënt moet word, gaan waarskynlik uit Jan-alleman se sak kom, veral as mediese skemas terugdeins vir die koste daaraan verbonde.