Talle Jemen vegters sterf in aanvalle

Minstens 65 vegters het omgekom gedurende die afgelope paar dae in Jemen terwyl die dodelike gevegte onophoudelik voortduur.

Die Houthi vegters hoop om die regering omver te werp en wil die noordelike gebied wat nog onder regerings beheer is, ook beset.

Die regeringsmagte het ʼn verbete aanslag teen die Houthi rebelle begin om Mariba te behou wat die rebelle groep se oogmerk is om te beheer.

Die regeringsmagte het diie naweek rapporteer van dosyne vegters wat omgekom het tydens hewige gevegte met die Houthi vegters wat deur Iran gerugsteun word.

ʼn Regerings woordvoerder sê minstens 65 rebelle is dood in die 48 uur tydperk waartydens hewige gevegte geduur het om die beheer van die sleutel stad, Mariba, te verkry.

Dit is die eerste poging van die rebelle om beheer oor te neem van die stad sedert hulle in Junie na die streek beweeg het.

Waarnemers meen die Houthi rebelle het onlangs weer ondersteuning uit Iran gekry, wat hulle nou in staat stel om ʼn aanslag uit te voer.