Taliban wil betrekkinge handhaaf

Wat beskou word as die Taliban se groot vrees, kan bewaarheid word as Westerse lande hulle diplomatieke bande met die Taliban regering verbreek en die handel met die land opskort.

In ʼn poging om te voorkom dat Afghanistan geïsoleer word, het hy gesê hy wil graag goeie betrekkinge handhaaf met die VSA en ander Westerse lande.

Die tydelike vreugde van “verklaarde vryheid” wat na die vertrek van die VSA se laaste vliegtuig uit die lughawe van Kaboel feestelik gevier is, het die werklikheid van internasionale druk op die Taliban leiers neergedruk.

ʼn Woordvoerder het gesê die Taliban verwelkom die diplomatieke band met enige ander land in die wêreld, maar kenners reken die Westerse lande neem die uitnodiging met ʼn knippie sout.

Zabihullah Mujahid, ʼn woordvoerder van die Taliban het Afghanistan gelukgewens met sy bevryding wat glo aan al die inwoners van die land behoort, maar ontleders sê die diskriminasie wat reeds teen vroue en kinders ingestel is, maak hulle eerder slawe as vrye inwoners.