Taliban stigter word staatshoof

Die afgelope naweek het ʼn woordvoerder aangekondig dat die mede-stigter van die Taliban, Mullah Abdul Ghani Baradar, die land se staatshoof sal word. Baradar sal die land se leier wees om die nuwe regering wat hy saamstel, te bestuur op n eiesoortige patroon.

Intussen is verneem dat Taliban vegters ʼn hewige stryd voer teen die rebelle bewegings in die noordelike streke van die land. Die rebelle groepe is glo steeds lojaal teenoor die vorige regering wat demokraties verkies en saamgestel is.

Die nuwe Taliban regering se mees belangrike saak is klaarblyklik om nadat dit saamgestel is deur die leier, gaan wees om die ekonomiese ineenstorting om te keer, wat sonder die buitelandse hulp, kwalik m bereik sal kan word.

Sowat 250,000 mense het in die land omgekom tydens die oorlog tussen die regeringsmagte en die Taliban, en ingeligte bronne sê daar bestaan kommer dat die nuwe regeerders met ʼn volskaalse heksejag teen die burgery kan begin.