Taliban slaan toe op goud voorraad

Die sukkelende ekonomie van Afghanistan, wat gedeeltelik toegeskryf word aan die langdurige droogte, tesame met die jare lange oorlog, het die nuwe regeerders wat uit die Taliban bestaan, laat gryp na die laaste bietjie reserwes van die land.

Die kontant en goud ter waarde van meer as $12 miljoen is deur die Taliban geneem wat deur die voormalige regering bewaar is vir noodsaaklike betalings.

Die Sentrale Bank het bevestig dat die Taliban beslag gelê het op die fondse van die vorige regering, en bygevoeg dat die bedrag in kontant en in goud nou die besittings is van die nuwe regeerders.

Die bank sê die nuwe regering het ook die woonhuis van die vorige visepresident opgeëis sowel as ʼn “hele aantal hoë profiel regerings eiendomme”.

Wêreldleiers is bekommerd oor die feit dat die Taliban ook sy hand op die Sentrale Bank gelê het, wat die moontlikheid inhou dat die bank ook wanbestuur gaan word.