Taliban maak nuwe reëls vir vroue

Die Taliban het die afgelope naweek nuwe reëls aangekondig wat op vroue in die land van toepassing sal wees. Die Minister van Opvoeding het die aankondiging gedoen en sê nuwe beperkings is van toepassing op vroue en dogters se opvoeding in die onderwys.

Daarbenewens word vroue en mans afsonderlik hanteer en die Islam klere kode sal ook van toepassing wees.

Kommer bestaan dat die Taliban selfs sover sou gaan om weer soos tevore, die opvoeding van vroue en dogters kan verban en minister Abdul Baqi Haqqani, het glo ʼn reeks beletsels bekend gemaak.

Universiteit kampusse sal geskei word dat mans en vroulike studente nie vermeng nie, want dit is teen die Islamitiese geloof. Streng kleredrag word vereis op kampusse.

Die hoop is dat vroue as onderwysers en dosente beskikbaar sal wees om vroue en dogters te onderrig op afsonderlike klaskamers.