Taliban kry weerstand in noorde

Die Taliban het twee dae gelede gesê hulle het nou volle beheer oor die hele Afghanistan, insluitende die noordelike provinsie, Panish Vallei, wat deur ʼn weerstand beweging beheer is.

Die Vallei is histories die gebied en bastion van die Tajik wat nie deur die Russe in die jare 1980 en daarna oorwin kon word nie, en ook nie die Taliban in 1990 nie.

Die weerstand beweging se leier, Ahmad Massoud , die seun van die legendariese anti-Taliban kommandeur, Ahmad Shah Massoud, wat bekend is as die Leeu van Panish, sê sy vegters hou steeds uit teen die oormag.

Die burgerlike inwoners van Afghanistan het nou hulle hoop gevestig op die weerstand beweging in die Vallei se bergagtige gebied.

Die weerstand bly in Panish, en ons sal bly veg, en die verset sal nie bedaar nie, het die leier gesê.

Later is verneem dat duisende burgerlikes het in die stede aan optogte deelgeneem met slagspreuke wat dui op hulle eise om demokraties regeer te word.