Taliban kondig sy regeerders aan

Die Islamitiese militante Taliban het die week sy leiers vir die nuwe administrasie van Afghanistan aangekondig.

Die oorgrote aantal leiers is vegters uit die verlede wat steeds lojaal is aan die Taliban terreurgroep se struktuur.

Die Taliban woordvoerder, ene Zabihullah Mujahid, het aangekondig hoe die nuwe regering saamgestel word en het ook die media ingelig tydens ʼn konferensie in Kaboel.

Te midde van die aanvanklike belofte dat die Taliban hierdie keer ander sal regeer as die vorige keer, sowat 20 jaar gelede, is dit reeds duidelik dat weinig gaan verander teenoor die vorige chaotiese tyd van regeer.

Die meeste leiers is nou twintig jaar ouer, maar nog steeds dieselfde persone wat in 1990 ʼn totale fiasko veroorsaak het met hulle ideologiese benaderings, en die eerste waarnemings is dat dit herhaal gaan word.