Sterwende ANC

Een na die ander werklikheid van die geheime in die ANC kamp kom na vore, en waarskynlik is daar nog baie geheime wat verbloem word.

Dat die AMC op sy sterfbed is, word nie betwyfel nie, en menige lid van die party hoop dat daar gou genesing gaan kom wat nuwe lewe sal bring is die party waar onreg en korrupsie hoogty vier.

Terugskouend is daar die verdeeldheid toe die Zuma faksie die een na die ander kopskoot kry met skorsing weens korrupte handelinge. Dit het uiteindelik gelei tot die fiasko en chaos van Juliemaand wat die land en sy handelaars R50 miljard gekos het.

Die versplintering wat met die skorsing van topstruktuur lede in die party veroorsaak het, het nie net daar gebly nie – en moes Ramaphosa sekere aanpassings in sy kabinet maak in ʼn poging om vertroue te herstel.

Die bom het gebars toe die personeel begin het met stakings omdat die salarisse nie betaal word nie. Die skok wat lede moes aanhoor dat werkloosheid versekerings bydraes nie betaal is nie, en dat ander verpligte bydraes van belastings ook nie nagekom is, het die besef gebring dat die bankrotskap veel groter is as wat vermoed kon word. Uiteindelik word dit bekend dat R200 miljoen verskuldig is, wat die party laat gryp het na donateurs, maar wat klaarblyklik nie bereid is om op ʼn siek perd te wed vir ʼn wedren nie.

Toe die Grondwethof beslis het dat die verkiesing wel op die gestelde datum van 27 Oktober of voor 1 Desember gehou moet word, het nog ʼn donkerder wolk oor die ANC gesak – en nou is die vraag watter skuiwe gaan hulle maak om hulle kandidate se name op die OVK register te kry.

Tereg is opgemerk dat ʼn party wat nie eers sy kandidatelys betyds kan inhandig vir ʼn verkiesing nie, behoort ook nie die land te regeer nie…..