Spuit of nie spuit

Die debat rondom die Koronavirus en sy behandeling word by die dag hewiger. Daar is diegene wat pro-spuit is en diegene wat daarteen is.

Die doeltreffendeheid van die verkillende spuitstowwe , al dan nie, maak die debat natuurlik al hoe meer hewiger.  Aanvankilk was een spuit genoeg nou blyk dit dat daar tot drie of meer “versterkings spuite” nodig sal wees.

Verslae en aankondigings van regerings wat dan die spuitstof dan daardie een “afkeur” veroorsaak verdere verwarring.

Die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) wat die groot dryfveer agter die inentings veldtogte is  word lankal nie meer as objektief beskou nie. Selfs oud-president Donald Trump het sy steun onttrek aan die WGO.  Die organisasie is uiteraard humanisties/           liberaal gedrewe.

Voeg hierby die sterk verdoeming van Ivemektien deur medici, die WGO en regerings. Ivermektien word wyd gebruik in veral Derde Wereld lande wat uiteraard arm is en nie duur entstowwe kan bekostig nie.  Medici in Suid Afrika (die wat waag om hul mond oop te maak) bevestig dat Ivermektien oa help in die behandeling van Covid 19.

Laastens maar nie die minste nie is die absolute oordrewe dwang wat  op  mense geplaas word om die inentings te ontvang.

Internasionale inentings paspoorte, sertifikate as jy aankope sou wou gaan doen en selfs sekere ketting groepe wat nou afslag gee sou jy jou “dompas” toon maak dat ek persoonlik my nie sal laat inent nie.

Ek is nie ‘n mediese dokter nie maar die bietjie gesonde verstand wat ek het maak dat ek rooi ligte sien aangaan.

Dr Sakkie van der Merwe