Spesiale ekonomiese perspektief – belasting moraliteit

Die mees onlangse nuus uit SAID oord is dat daar saam met die NVG begin is met selektiewe vervolging van sogenaamd “oneerlike” beastingbetalers.

Die mikpunt is om belasting moraliteit reg te stel.

Klink lofwaardig.

En in beginsel sou dit 100% in orde wees.

Die probleem is egter met WIE die SAID as “oneerlik” bestempel.

Aldus die kommissaris, enige GEREGISTREERDE belastingbetaler wie se sake nie orde is nie.

            Dit is dus enige van sowat R 4,5 – 5 miljoen mense

MAAR daar word geen woord gerep oor nagenoeg 19 miljoen ontsuikers in die township-ekonomie of taxi bedryf nie.

En die mense is aan die regering bekend – dit is diegene wat sedert April 2020 cov-19 reddingsboeie ontvang vanaf regerings-inisiatiewe.

            Inisiatiewe befonds deur die handjievol wat nou lukraak vervolg kan word …

            (tegnies kan die geringste fout in ʼn opgawe nou lei tot kriminele vervolging)

Die regering se grondwet bepaal GELYKHEID as norm.  Daarom behoort belasting hervorm te word na gelyke, per capita bedrae, ongeag die omvang van inkomste, met gepaste kortings vir bona fide gevalle.

Benewens ONGELYKE toepassing van reëls en regulasies, is daar die grootskaalse plundering van die staatskas – wat volgens alle aanduidings bloot jaar-na-jaar versnel.

Die rede is omdat die meerderheid geen bydrae maak tot die staatskas nie – daarom beskou hulle die regerings-korrupsie as aanvaarbaar.

Die antwoord is egter nie belasting boikotte nie.

Benewens die risiko van statutêre beslaglegging op enige bates, sonder ʼn hofbevel, is die land finansieel geruïneer JUIS DEUR BETALINGS-BOIKOTTE.

            Dáárom weier die 19 miljoen om belasting te betaal.

            Dáárom is openbare dienslewering-maatskappye en munisipaliteite bankrot.

Die antwoord is wél – na voorbeeld van die regering se streng rasse-skeiding in die ekonomie – om elke bevolkingsgroep hul eie belastings te laat bestuur.

Deur volkskomitees, geografies onderverdeel en met streke binne volksverband vry om saam te werk.

Vry van politieke inmenging, vry van die las om vir politici te betaal.