Spanning verhoog oor Nord Stream pyplyn

Die Nord Stream 2 gas pyplyn wat pas voltooi is tussen Rusland en Duitsland, se kontroversie het nog nie tot stilstand gekom nie.

ʼn Groep van parlementslede van lidlande van die Europese Unie het Rusland nou daarvan beskuldig dat sy energie maatskappy die mark manipuleer in ʼn poging om druk te plaas op die EU oor die pyplyn.

Die Russiese maatskappy Gazprom, se hoof het egter ontken dat sy maatskappy die prys van gas opwaarts druk tot eie voordeel, maar daar is politici in die EU lidlande wat sê Duitsland was betyds gewaarsku teen die oprigting van die pyplyn.

Meer as 40 parlementslede van die EU Parlement het gevra dat die uitvoerende bestuur die Gazprom maatskappy van Rusland moet ondersoek.

Die prys van natuurlike gas het van $300 per 1,000 kubieke meter in Januarie 2021 gestyg tot meer as $800 die afgelope week.   

Dit is een van die belangrikste rdes waarom die vorige Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het Duitsland lewer homself uit aan die Russe.