Spanje: Hoof van spioenasie vasgetrek

Die voormalige Militêre Intelligensie hoof van Venezuela, Hugo Carvajal, is gearresteer in Madrid deur die Spaanse polisie.

Carjaval word deur die Amerikaanse owerheid gesoek weens dwelmhandel van die verlede. Hy is ook gesoek vir sy spioenasiewerk as voormalige hoof van die Militêre Intelligensie in Venezuela.

Die polisie van Madrid het op Carjaval toegeslaan nadat hy vir weke dopgehou is by die woonstelblok waar hy woonagtig is,

Die misdadiger is sedert 2019 aan die vlug voor die gereg, en het glo probeer wegkruip in Madrid nadat hy vroeër veroordeel is en uitgelewer moet word aan Amerika.

Die polisie van die Spaanse hoofstad sê die man het ʼn kluisenaarslewe gevoer en het nooit sy woonplek verlaat nie, uit vrees dat hy erken sou word. Hy is egter met spesiale toerusting dopgehou en dit is opgeval dat hy nooit by ʼn venster uitgekyk het nie.