SpaceX sending veilig terug op aarde

Die vier amateur ruimtevaarders wat in Elon Musk se SpaceX om die aarde gewentel het, is veilig terug op vaste grond uit die ruimte.

Die vier ruimtevaarders het as gewone burgerlikes, op uitnodiging van die ruimtereis tegnoloog en miljardêr, Elon Musk, na drie dae van sorgvrye omwentelinge om en om die aarde gereis en na drie dae teruggekeer aarde toe.

Die historiese gebeurtenis om gewone burgerlikes op so ʼn lang reis te neem, sal in die geskiedenis opgeteken staan as die grootste deurbraak van sy tyd , v eral omdat amateurs die reis kon meemaak wat andersins miljoene dollar sou beteken as hulle wat nie sulke weelde kan bekostig, dit moes betaal het nie.   

Soos die meegaande foto wys, is die landing met behulp van reuse valskerms gedoen om ʼn sagte landing op Moeder Aarde uit te voer.

Die waarde vir die ruimtevaart tegnoloog is daarin dat dit die eerste keer is wat amateurs sonder die professionele opleiding, vir so ʼn lang tydperk om die aarde kon reis, en veilig teruggekeer het.