SpaceX met sukses gelanseer

Elon Musk se SpaceX het met groot sukses Moeder Aarde verlaat, met vier burgerlike mense aan boord, wat van die ruimtereis ʼn besonder geskiedkundige gebeurtenis maak is die ruimtevaart tegnologie.

Dit is die eerste ruimtevaart waar gewone burgerlikes die reis meemaak, en word as van besondere geskiedkundige waarde beskou.

Die amateur ruimtevaarders is deur die ruimtevaart tegnoloog op die sending gestuur, en daarmee ook kosbare nuwe inligting bekom oor wat van groot belang is vir toekomstige ruimtereise.

Die SpaceX vuurpyl het vanaf Cape Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida gedurende die nagtelike ure opgestyg met ʼn groep amateur burgerlike ruimtereisigers.

Saam met die amateurs is een ervare, professionele ruimtevaarder in die tuig om seker te maak dat alles goed verloop.

SpaceX, wat die deur Falcon 9 die ruimte in is, het in twee fases van die Dragon opereer, en het 575 km buite die atmosfeer getrek waar die ruimtevaarders vir drie dae om die planeet aarde wentel.