Sosialiste se kundigheid bevraagteken

Die uittredende Bondskanselier, Angela Merkel, het die uitlating gemaak dat haar opponent, wat ook haar koalisie vennoot is, die Sosiaal Demokrate Party, sterk genoeg is om wanneer hulle die verkiesing sou wen, die vaardigheid het om te regeer saam met die ander links-liberale partye.

In die afgelope twee meningspeilings wat in Duitsland gehou is, het die sosialiste die voortou geneem teenoor die nuwe leier van die Christen Demokrate Unie (CDU).

Duitsland hou hierdie maand hulle algemene verkiesing, en die CDU se steun het aansienlik gedaal teenoor die styging in steun wat die Sosiaal Demokrate Party van Olaf Scholz.

Politieke ontleders sê die optrede van kanselier Merkel met die toelating van vlugtelinge, waarby talle Islamitiese Staat terroriste ook deel was, is die hoof rede waarom haar party so baie steun verloor het.

Haar steunpilaar en vennoot, die Christen Sosiale Unie (CSU) van Bavaria het herhaaldelike waarskuwings geopper en gesê Merkel veroorsaak dat die konserwatiewe Duitsers hulle steun onttrek het.