Sosiale Sekuriteit: ANC se plan afgeskiet

Die ANC regering se plan van sosiale sekuriteit is deur die bevolking van die land verwerp.

Die Departement van Sosiale Ontwikkeling se sogenaamde “groen papier” wat handel oor die sosiale sekuriteit en ʼn algemene inkomste vir almal in die land, het die volle weerstand van die mense gekry.

Ekonome, en selfs die vakbonde, gewone belastingbetalers, en sakelui wat glo aan die demokrasie, het in reaksie hulle insette gelewer aan die regering, en byna almal het die voorstelle verwerp.

Sowat 17,500 kommentare is aan die regering gestuur, en baie min daarvan was ten gunste van die “groen papier” se inhoud.

Die oorgrote meerderheid het die nuwe “plan” gesien vir wat hulle glo, die regering se plan is om meer geld uit die belasting pligtiges se sakke te jaag, en is derhalwe verwerp. Daar is selfs kommentare ingehandig wat daarop gewys het dat so ʼn “plan” onwettig sal wees.