Soedan: Staatsgreep poging misluk

Minstens 40 militêre offisiere is volgens die regering van Soedan, gearresteer na ʼn poging om die regering omver te werp, misluk het.

Die land is in onrus gedompel, en die afgelope week is protesoptogte gehou voor die Port Soedan, terwyl die staat se TV kanaal aangekondig het dat daar ʼn “mislukte kaping” in die land uitgevoer was wat ʼn doelbeustre poging was om die beheer oor te neem van die openbare media geboue in die hoofstad Kartoem.

Soedan se Soewereiniteit Raad sê die situasie was deurlopend onder beheer en dat veiligheidsmagte begin het met ondervragings van mense wat as verdagtes geïdentifiseer is.

Berigte dui daarop dat ʼn groep militêre offisiere was betrokke by die kaping poging maar is baie gou vasgevat, gearresteer en dadelik afgedank.

Twee jaar gelede is die Soedan regering in ʼn suksesvolle staatsgreep omver gewerp, en die president, Omar al-Bashir, uit sy amp onthef.