So wil ANC stemme koop

Die verkiesing gaan op ʼn dag tussen 27 Oktober en November gehou word, en met die OVK wat registrasies heropen om ANC se gemors te herstel, kom die omkopery dalk daarmee saam, sê politieke waarnemers.

Die ANC gaan sy kandidatelys nou inhandig, en die eerste klanke het hoorbaar geword dat Ramaphosa se regering oorweeg om die R350 gratifikasie aan werklose mense nog langer te laat voortgaan.

Politici sê dit is ooglopende omkopery om stemme te trek, terwyl geen opposisieparty oor soortgelyke omkoop middele beskik nie.

Die OVK se besluit om die registrasie van kandidate se datum te verander sodat die ANC se brouwerk kan regstel, word allerwee as bedrog gesien, en minstens twee politieke opposisiepartye het aangedui dat hulle die saak in die hof gaan beveg.

Intussen is verneem dat president Ramaphosa het glo bevestig dat sy party, die ANC, oorweging gee aan die moontlikheid om die R350 gratifikasie wat as Sosiale Verligting van Ontwrigtes se tydperk te verleng.

Waarnemers sê slegs so ʼn aankondiging, sonder om meer daaroor bekend te maak, is voldoende om miljoene werklose mense te laat beweeg om vir die ANC te stem sodat hulle die R350 per maand kan kry.

Ses miljoen aansoeke is reeds ontvang van mense wat vir die R350 per maand vra, en die verwagting is dat nog meer mense in proses is om aansoek te doen.