Sjinese ekonomie nie rooskleurig

Minstens ses van die reuse eiendoms maatskappy Evergrande se uitvoerende hoofde het ingekoop in die belegging op ʼn tyd toe die maatskappy finansieel in die moeilikheid gekom het.

Dit is Sjina se tweede grootste eiendom ontwikkelaars maatskappy wat nou baie na aan likwidasie is. Kenners reken dit is ʼn rooi lig wat begin flikker dat die Sjinese ekonomie nie so rooskleurig is as wat aan die wêreld voorgehou word nie.

Evergrande het massiewe wolkekrabbers opgerig as projekte in dosyne stede van Sjina, en dit word nou gesien as die verkeerde besluit op die verkeerde tyd, en gaan die maatskappy se einde beteken as daar nie baie gou groot en positiewe bydraes gelewer word nie.

Evergrande sit en verdrink in sowat $305 miljard se skulde wat betaal moet word, en die vooruitsigte vir goeie besigheid het opgedroog.

Kenners sê die ondergang van die reuse maatskappy kan gesien word as een van die grootste ekonomiese terugslae wat Sjina nog gehad het, en word vergelyk met die VSA se terugslag met die Lehman bankrotskap van 2008.