Satelliet fout lei tot ontdekking

ʼn Span wetenskaplike navorsers het die mees noordelike eiland besoek, en die ontdekkers kom toe op ʼn eiland uit wat nie bekend is nie, maar hulle was van mening dat hulle op die bekende eiland Oodaaq is.

Die navigasie toestel het immers aangedui dat hulle die bekende eiland bereik het, net om later vas te stel dat die navigasie toestel en die satelliet nie ooreenstem nie.

Die eiland , nog sonder naam, waarop hulle was, is onbekend en verskyn op geen landkaart nie, en is geheel en al ʼn nuwe ontdekking vir die navorsers wat afkomstig is uit Denemarke, Rusland, Kanada en die VSA.

ʼn Woordvoerder van die navorsers sê die ontdekking was onverwags en heel toevallig weens die navigasie fout wat ontstaan het.