Sasria is Blykbaar Bankrot

Die staat entiteit wat versekering bied vir geboue wat beskadig word of in brande verwoes is weens opstande en onrus, is tegnies bankrot.

Die onlangse opstand in Gauteng en Natal, waartydens honderde winkels en ander geboue geplunder en afgebrand is, het die doodsklok vir die  entiteit laat lui.

As die regering, wat reeds miljarde Rand bewillig het vir die instandhou van Sasria, sal weereens sy hand in die staatskas moet druk as die entiteit staande gehou moet word.

Nagenoeg R9 miljard is nodig om die onderneming uit sy verpligtinge te red, en vrae word gevra oor die wenslikheid dat so ʼn entiteit weer onder ANC regering moet wees terwyl die bewyse daar is dat die ANC nie eers oor die vermoë beskik om sy eie finansies in orde te hou nie.

Die regering het glo meer as R3 miljard beskikbaar gestel, maar ingeligte bronne beweer dat dit nie naastenby voldoende is om die eise wat ontvang is, te ontmoet nie.