SAA maak vreemde aanstelling

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se instandhoudings maatskappy, SAA Technical (SAAT), wat ook ʼn staatsbeheerde entiteit is, het ʼn tydelike hoof uitvoerende beampte aangestel wat die wenkbroue laat l;ig het.

Die aanstelling is gedoen ter voorbereiding van SAA se voorgenome her-toetrede tot reis vlugte later in September.

Die tydelike aanstelling is die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte, Riaz Saloojee,  van die staat entiteit Denel, wat ook tegnies bankrot is.

SAAT is ʼn gesubsidieerde afdeling van SAA redery, en is veronderstel om die vliegtuig instandhouding te doen van die kommersiële lugdiens.

Die wolk wat oor Riaz Saloojee hang, word steeds met onbeantwoorde vrae beskou as een van die gevalle waar sy beweerde verbintenis met die guptas, nog nie duidelik uitgeklaar is nie.