SA verloor vertroue in regeerders

Die kiesers van Suid-Afrika het hul vertroue in die ANC regering verloor, en in talle gevalle hulle vertroue in die politieke gebeure in die land verloor.

Menige is beswaard oor die regering wat steeds meer van ʼn houvas op die lewens van mense probeer kry, wat die vryheid bedreig waaroor almal begaan is.

Die 2021 opnames wat gemaak is, weerspieël die situasie en word 28% van Suid-Afrikaners aangedui as mense wat die regering nog vertrou.

Die gegewens word net deur Nigerië oortref terwyl die opname in 28 lande gemaak is. Een van die belangrikste redes vir die massiewe wantroue wat tans heers, is die gebeure rondom die Staatskaping, en die nadraai daarvan toe miljoene Rand se skade deur plunderaars en diewe veroorsaak is.

Pogings om die vertroue in die regering en in die land se politiek te herstel, kon tot hede nie met sukses uitgevoer word nie, en waarnemers is van mening dat di took neerslag vind in die komende verkiesing waar potensiële kiesers traag is om te registreer.

Menige kiesers sê hulle het ook geleer dat die regering voor die verkiesings wonderlike beloftes maak wat nooit in werklikheid realiseer nie.