SA Regstelsel wankelend

Die Suid-Afrikaanse regstelsel het wankelend geword, en die uitspraak oor Jacob Zuma is die beste bewys daarvoor.

Dit is die mening van politieke opponente en regslui wat die optrede skerp veroordeel het nadat verneem is dat die voormalige ANC president na 2 maande in aanhouding op parool vrygelaat is.

Die beskuldiging word gemaak dat Jacob Zuma voorkeur behandeling kry te midde van sy misdaad rekord, en verskeie meningsvormers reken dit is ʼn tweede “Schabir Schaik” geval. Schaik het parool gekry weens sy swak gesondheid, en enkele dae na sy vrylating wou hy ʼn verslaggewer telyf gaan op die gholfbaan waar hy saam met ander die spel geniet het.

Jacob Zuma word anders behandel as enige ander landsburger wat dieselfde oortreding sou begaan, en waarnemers wys daarop dat die wapen transaksie korrupsie skandaal se hofsaak nutteloos sal wees aangesien hy dan ook op parool vrygelaat sal word.

Dit bring ernstige vrae na vore oor die eensydige voordele wat die regstelsel aan sekere mense bied, en laat die vermoede dat dit voortaan die werkswyse sal wees, waarvan Magashule en talle ander ook bevoordeel gaan word.