SA kry nuwe Nasionale Park

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANPARK) het aangekondig dat nog ʼn nasionale park geopen gaan word in die Oos-Kaap.

Die park sal gevestig word in samewerking met die Wêreld Wild-fonds en sal na verwagting 30,000 hektaar beslaan

Die park wat in die hoër gebiede van die Oos-Kaap se berge gevestig word, se vestiging het glo begin, en sal ʼn heel ander formaat aanneem as die ander parke van die land.

Die park sal grens aan die Lesotho gebied en sal die Naude Nek bergpas insluit wat sowat 2,500 meter bo seespieël is.

Die Park word in samewerking mat grondeienaars gevestig om die natuurskone gebied te bewaar vir die nageslag.

Die gebied is bekend vir sy helder water strome wat vars drinkwater bied aan diegene wat laer as in die gebied woon, en vorm ook deel van die suidelike gebied van die Drakensberge.