Ryk stede van die wêreld

Die “New World Wealth” het die afgelope week sy verslag vrygestel oor die jongste gegewens van die rykste stede van die wêreld, en het opdatering van Junie 2021 gedoen.

Te midde van die swak finansiële toestand van die land, kon Johannesburg en Kaapstad tog daarin slaag om die organisasie se naamlys van rykste stede te haal.

Die jongste verslag het die fokus geplaas op die stede in die Midde Ooste en in Afrika, wat volgens kenners die rede is waarom twee stede van Suid-Afrika die lys gehaal het.

Die stede van Suid-Afrika word egter steeds gebrandmerk as “ongelyke” stede omdat dit hoofsaaklik blankes inwoners het.

Die twee stede, Johannesburg en Kaapstad, word gesien as stede wat deur ʼn minderheid oorheers word, wat bestaan uit hoofsaaklik blanke inwoners.

Johannesburg

Volgens die verslag bly Johannesburg die mees welvarende stad in Suid-Afrika en word gevolg deur Kaapstad.

Die Goudstad word deur die organisasie gemerk met R3.4 triljoen, waarvan die kontant geld in vier gebiede, naamlik Sandhurst, Hyde Park, Houghton en Westcliff wat die rykste dele is.

Kaapstad

Kaapstad het die lys gehaal met sy R1.9 triljoen bates wat versprei is oor sewe voorstedelike gebiede, naamlik Clifton,  Bantry Baai, Fresnaye, Llandudno, Kampsbaai, Bishopscourt en Constantia.

Die stad is welbekend as die plek van hoogste leefstyl kultuur in sy buurte, waarvan Steenberg, Atlantis en Silverhurst Estate die bekendste is.

Wêreld

Die rykstes is egter nie naby Suid-Afrika nie:

  • New York – $2.9 triljoen
  • San Francisco Bay – $2.6 triljoen
  • Tokio – $2.5 triljoen
  • Londen – $2.3 triljoen
  • Beijing – $2.0 triljoen
  • Sjanghai – $1.8 triljoen
  • Los Angeles – $1.3 triljoen
  • Sydney – $1.1 triljoen
  • Chicago – $1.0 triljoen
  • Mumbai – $970 miljard
  • Houston – $925 miljard
  • Toronto – $890 miljard
  • Geneva – $875 miljard
  • Melbourne – $810 miljard
  • Osaka – $805 miljard