Russiese verkiesing sonder verrassings

Te midde van die klagtes dat daar in sekere gebiede geweld uitgebreek het in Rusland tydens die verkiesing, en die feit dat die owerheid seker gemaak het dat die grootste opposisieleier in die tronk aangehou word, verloop die gebeure sonder groot verrassings.

Alles het daarop gedui dat die Russiese President Vladimir Poetin, weer die verkiesing wen met sy “Verenigde Rusland” party.

Die eerste resultate wat ontvang is oor die parlementêre verkiesing toon dat die land se kiesers Kremlin lojaal is teenoor die “Verenigde Rusland” party.

Met die ter perse gaan was sowat 90% van die stemme getel en het die Verkiesingskommissie gesê dat Poetin se party reeds 48% van die stemme gekry het, en sy party was in 193 setels van die 225 die wenners.

Die tel van stemme gaan egter voort om die finale uitslag te bepaal, maar daar bestaan geen twyfel dat president Poetin nie met ʼn sterk meerderheid sal wen nie.

Met die grootste opposisie party se besluit om nie te gaan stem nie, bloot omdat hulle leier in aanhouding is, was die stempersentasie van 40% egter ʼn beeld van teenkanting teen Poetin as president.

Vanweë die uitgestrektheid van die land, word die verkiesing oor drie dae gehou, en met Alexei Navalny as Poetin se grootste opponent wat in die tronk is omdat hy geëtiketteer is as ekstremisties, en sy party verban is, het die verkiesing geen verrassings gelewer nie, en het benewens drie nuwe politieke partye, kon die sowat 40 partye nie beter vaar as in die verlede nie.

Die Russiese Kommunistiese Party het die tweede meeste stemme gekry met sowat 20%.