Russiese hof ‘onredelike’ bevel

ʼn Hof in die Russiese hoofstad Moskou het die internet reus Google beveel om sy gebruik te stop van vertoon van die terme “smart voting” in sy soek resultate afdeling.

Die hof se beslissing kom twee weke voor die Russiese verkiesing en “Smart Voting” is ʼn strategie wat ontwerp en bekend gemaak is deur die opposisieleier, Navalny, wat tans in ʼn tronk aangehou word om te verhoed dat hy die president opponeer.

Die “Smart Voting” van Alexei Navalny is ʼn projek wat ten doel het om die kandidatuur te bevorder van diegene wat in opposisie is met president Vladimir Poetin.

Bewerings word gemaak dat die Verenigde Russiese Party van President Poetin alle moontlike invloed gebruik om te verhoed dat opponent se steun verhoog in die komende verkiesing.