Russe dagvaar VSA maatskappye

Moskou sê in ʼn verklaring dat die Amerikaans-gebasseerde tegniese maatskappye besig is om die Russiese wette te oortree koort voor die komende verkiesing in die land.

Die Russiese regering het voorheen gedreig dat die Amerikaanse maatskappye, Apple en Google, vervolg gaan word.

Rusland het reeds ontslae geraak van President Poetin se opponent, Alexei Navalny wat vervolg is en in die tronk gestop is.

ʼn Woordvoerder van Moskou sê die regering het die VSA ambassadeur, John Sullivan gedagvaar oor bewerings dat die hoë tegnologie maatskappye ingemeng het in die land se binnelandse sake. Die skuif kom slegs enkele dae voor die verkiesing begin, en die Minister van Binnelandse Sake beweer dat hy oor onweerlegbare bewyse beskik dat die maatskappye van die VSA sekere wette van Rusland oortree.

Ambassadeur Sullivan het herhaaldelik ontmoetings gehad met die Minister van Buitelandse Sake, Sergei Ryabkov om die aangeleentheid te bespreek.

ʼn Woordvoerder van die VSA Ambassade sê die twee diplomate het talle onderwerpe bespreek, maar die onderwerp van maatskappye wat inmeng in die verkiesing, is nooit deur die Russiese minister geopper nie.