Rusland voltooi S-500 veiligheid stelsel

Uit Moskou word berig dat die land alle toetse afgehandel het van sy nuwe S-500 grond tot lug missiele stelsel en het ook begin om dit aan die Russiese Weermag te voorsien.

Die adjunk Eerste Minister Yuri Borisov het die inligting die afgelope naweek vrygestel en weer bevestig dat die S-500 stelsel die verwagting inhou om Rusland se Verdediging verder uit te bou en ook ʼn uitvoer produk sal word wat as “beste verkoper” bekend sal word.

Die S-500 word beskryf as die ruimte verdediging stelsel wat kontinentale ballistiese missiele, hipersoniese kruiser missiele en  vliegtuie kan ondervang en afweer.

Intussen het Turkye se president, Tayyip Erdogan, gesê sy land sal ook die S-500 afweerstelsels aankoop te midde van die Amerikaanse waarskuwing dat die stelsel nie effektief teen Russiese missiele is nie.