Ruimte agentskap waarsku: Europa bly agter

Die Europese Ruimte Agentskap het gewaarsku dat die Europese lande die risiko loop om “agter te bly”, en die hoof van die agentskap sê Europa moet sy ruimteprogram opskerp om in die wedloop te bly.

Hy sê Europese ruimtevaarders moet in vuurpyle en ruimte vaartuie wees om nie in die stof te beland nie.

Alhoewel die Duitse ruimtevaarder, Matthias Maurer geskeduleer is om binne enkele weke die Internasionale Ruimtestasie te besoek, behoort Europa sy program op te skerp om nie uit die wedloop gedruk te word of geheel en al agter gelaat te word nie.

Die Europese Ruimte Agentskap sê hy wil ʼn Europese ruimte vermoë ontwikkel wat beteken dat Europa sy ruimtevaarders in Europese vuurpyle sit om ondermeer ook na die Internasionale Ruimtestasie te reis.

Maurer wil werk aan meer as ʼn 100 proefnemings gedurende sy verblyf en Walther Pelzer van die Duitse Ruimte Agentskap sê hy sal steeds swaargewigte beskikbaar stel vir die ruimteprogram.

Met die ruimtereise wat deur Elon Musk en Jeff Bezos  die afgelope maande onderneem en uitgevoer het, bestaan daar groot belangstelling onder welvarende mense om soortgelyke reise te onderneem. Die Europese Agentskap moet sy program opgradeer om soortgelyke reise aan te bied en te onderneem, is gesê.