Revolusionêre skool: stelsel wek belangstelling

Die Universiteit van Kaapstad het begin met ʼn revolusionêre aanlyn Hoërskool wat leerlinge, ouers en onderwysers gaande gemaak het.

Die Universiteit se woordvoerder sê die konsep het alle verwagtinge oortref, en sedert die Aanlyn Hoërskool in Julie begin is, het daar reeds meer as 4,000 aansoeke gekom vir deelname in 2022.

Regoor Suid-Afrika het stede en dorpe se leerlinge, ouers en onderwysers hulle belangstelling getoon vir die nuwe rigting van skoolopleiding, wat tans gerig sal wees op Hoërskool leerders.

Binne enkele maande na opening van die Aanlyn Skool, het meer as 4,000 leerders hulle aansoeke ingestuur vir 2022 se skooljaar.

Leerlinge kan van enige plek in die wêreld deur die stelsel studeer, en die maandelikse tarief van R2,095, of R25,140 per jaar, maak dit bekostigbaar vir baie ouers.

Graad 8 tot 11 kan vir 2022 inskryf, en vanaf 2023 is Graad 12 ook beskikbaar.

Die Universiteit wys daarop dat hoë gehalte onderwys, wat op ʼn basis van 1 op 1 gedoen word, sal ook leerlinge se selfdissipline opskerp wat voordelig is vir naskoolse studies.