Renoster stropers kry borgtog

Twee persone wat beskuldig word dat hulle betrokke is by renoster stropery, is vandag borgtog toegestaan, waarvan een R5,000 en die ander een R20,000 moes opdok.

Die twee verdagtes, een ʼn polisie offisier en die ander ʼn Sjinese sakeman, het in die Palm View landdroshof verskyn.

Die verdagte 53-jarige polisie offisier, Stephanus Petrus Peters, en die 39 jarige Sjinees Lina Zhang sal na verwagting weer op 10 November in die hof wees terwyl die Valke intussen hulle ondersoek verder voer.

Die twee verdagtes word aangekla oor hulle na bewering betrokke was by die besending renoster horing wat vir Maleisië bedoel is. Hulle het vanaf Kempton Park met vervalste verklarings dat die besending wyn is, probeer wegkom.