Regerings doelwitte

Begrip van enige situasie word gevorm deur vrae te vra: dit is egter belangrik om die regte vrae te vra, én om die antwoorde skepties te ondersoek.

Deel van intelligente skeptisisme is om die kwalitatiewe aspekte van vrae en antwoorde omsigtig te oorweeg.

Hierin is die integriteit van die persoon, persone of strukture wat ondersoek word ʼn sleutel faktor om te oorweeg.

Verder is gesonde verstand noodsaaklik – bloot die vermoë om swendelaars te kan eien.

In afgelope weke was daar etlike waterskeidings-gebeure in Suid Afrika.

 Ongelukkig bly die liberale media uitstekend met hulle manipulasie.

Die bykans absolute onvermoë van die “moderne mens” om vir homself te dink en dan daardie ondeurdagte menings te kan deel op sosiale media, help nie om deur die algemeen aanvaarde leuens te onderskei wat belangrike waarhede is nie.

OORWEEG MAAR SELF wat u van die volgende behoort te dink.

Van min praktiese, maar kardinale belang vir selfs die sweem van wettigheid wat die regime probeer behou, is die toutrekkery oor plaaslike verkiesings.

Na weke se “gesondheids-kommer” blyk dit bloot die ANC is onvoorbereid – vermoedelik is die klein silwer randjie van die Cyril-Ace-Jacob sages dat niemand in die party aan kandidate lyste gewerk het nie.

            Of miskien het die uitstaande salarisse hiermee te make?

Ofskoon verkiesing in SA tyd en geld mors, is die blatante leuens kommerwekkend.

Gaan mense verder let op die dubbel standaarde?

Dat verkiesings teen wil en dank moet voortgaan – maar kerke en klein besighede word geteister tot sluiting …

Die dreigende nasionalisering van gesondheidsorg – met kommerwekkende steun uit geledere van mediese fondse – se momentum blyk onstuitbaar.

Nieteenstaande dekades se mislukking, wil die liberale dampkring wéér volhou dat “ons” (minderhede) net beter saam moet werk …

            Almal glo blykbaar dat die president sukses behaal teen korrupsie …

Dan die kommerwekkende aandrang van die SAID om steeds slegs minder as 10% van die bevolking te belas, en nou daardie 10% aktief te vervolg, spreek van institusionele rassisme. 

En belasting invorderings is die EEN statistiek sonder ras-verdelings uit regeringsoorde!

Daar is na raming 19 miljoen belasting-ontduikers in die sogenaamde “township” ekonomie.

Ieder een bekend aan die regering – aangesien hulle sedert April 2020 noodlenigingshulp uit die belasting van ander ontvang!

Maar seker die grootste skok is die beplande (minstens) 12% toename in belasting om “staatsgesteunde sosiale sorg” uit te brei.

Die blatante gryp na minderhede se spaargeld het daarin geslaag om etlike liberale’s ʼn lig te laat sien.

             Nog besonder min begrip, maar miskien was hierdie die eerste brug te ver?

            Vakbonde toon ook hul ware kleure:

            Steun vir die beleid, maar beswaar teen bydraes deur hul eie lede …

En dit skets vir ons hóé duister die situasie werklik is: 

Die regering moet iets doen om stemme te koop.

Maar dat die ANC nie salarisse kan betaal nie, dui op hoe waarskynlik naby SA se bankrotskap is – dat selfs kaders nie meer genoeg te steel vind nie …

Maar die amptelike standpunt bly een van versigtige optimisme.  WAAROM?

Want die regering bereik sy doelwitte!

Soos ons in Julie kortstondig gemerk het, verdiep spanning tussen volks-groepe.

Maar die geweld word gerig teen die sogenaamde “have’s” van Mbeki-faam.

Uitgemergelde mense baklei soos honde oor die krummels, terwyl die regeerders se baarde drup van vet …

Die regering se doel is ʼn stalinistiese moaisme, pragmatiese ekonomiese vryheid slegs solank dit die regerende elite dien, met sentrale politieke magsbehoud. 

(daardie elite sluit élke party in, sommige is bloot meer elite as die ander)

Die strategieë van praat lewer reeds dertuig jaar lank dadels – die praters emigreer …

Dit is tyd om die hand aan die volks-ploeg te slaan, ons erfenis weer op te eis, en te herbou vir onsself!