Regering sukkel met inenting onwilligheid

Die ANC regering sukkel om die inenting teen die koronavirus te versnel weens die onwilligheid van mense om hulle te laat inent.

Die nuwe Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het selfs begin om swart woonbuurte te besoek om mense te oorreed dat hulle hulself moet laat immuniseer.

Die regering is verbysterd oor die groot aantal mense wat weier om geënt te word, en het selfs begin om mense daarop te wys dat belangrike toegewings gemaak gaan word as mense hulle gesindheid verander.

Die voordele wat mense gaan kry, is wel nie in kontant nie, maar daar gaan groter openheid wees om sport geleenthede by te woon, en munisipale fees geleenthede soos musiekfeeste sal weer oopgestel kan word as die mense hulle laat inent.

Die minister het ook dreigemente geopper. Mense sal dalk hulle bewys van inenting moet toon as hulle alkoholiese drank wil koop, maar kenners sê dit is onuitvoerbaar want diegene wat ingeënt is, sal vir die onwilliges hulle voggies koop.

Die moontlikheid dat inenting verpligtend gemaak kan word, is ook geopper, maar dit sal die regering uiteindelik sy posisie as regeerder op alle vlakke beëindig

Minister Phaahla sê onderhandelings het reeds begin met sportliggame en kunste leiers wat kan lei tot die oopstel van byeenkomste.