Regering se departemente gekaap

ʼn Verdere twee Suid-Afrikaanse staatsdepartemente, die Departement van Justisie, en die SA Nasionale Ruimte Agentskap is getref deur kuberkrakers wat ingebreek het op die stelsels.

Die in breking kom enkele maande nadat Transnet se grootste hawes lamgelê is toe kuberkrakers daarin geslaag het om die rekenaar stelsels binne te dring.

Die Departement van Justisie sê die kuberkrakers het die inligting stelsel onbereikbaar gemaak wat toegang tot die personeel en die publiek se besonderhede onmoontlik maak.

Al die elektroniese diens verskaffers by die Departement is daardeur geraak wat ook insluit die briewe van goedkeuring van borg en e-pos versending. Selfs die department se webblad is geraak en nie toeganklik nie.

IT spesialiste is klaarblyklik aan die werk om alles terug te kry na normal, maar tot hede is daar geen inligting ontvang van hoeveel vordering gemaak is nie.