Reddingswerk duur voort in Louisiana

 Reddingswerk in rivier bootjies, helikopters en hoogwater-vragmotors was tot nou die vervoermiddels waarmee mense in hulle honderde na veiligheid gebring is nadat hulle vasgekeer gesit het in die stormweer van Aida.

Die orkaan Aida het strate en paaie in riviere van waterstrome verander en is mense van woonhuise se dakke afgehaal met behulp van helikopters en bote.

Winde wat tot 240 km per uur die deelstaat in chaos gelaat het, was deel van die verwoesting, en die deurdringende reën daarmee saam het nie net geboue beskadig en honderde huise dakloos gelaat nie, maar ook elektriese toevoer afgesny.

Inwoners wat na aan die Golf Kus woon moes uit desperaatheid skuiling soek in bome en geboue se dakke.

Meer as een miljoen huise en sake geboue in Louisiana en Mississippi was vir dae sonder krag of water in die krane.

Die Federale Weerdiens reken dit is die ergste orkaan wat die VSA nog ooit gehad het, en herstelwerk aan infrastruktuur sal maande lank duur terwyl vrees bestaan dat dit nie die laaste stormweer is nie.