Prysstygings klap die verbruikers

 In die afgelope 12 maande het verbruikers goedere se pryse bly styg, en met die brandstof wat duurder geword het sedert Augustus 2020, is alles wat in die kruidenierswinkel is, se pryse geraak.

Van die items wat die grootste prysstygings gehad het is die volgende:

Olie en ander vette styg met 21%

Voertuig brandstof styg met net minder as 20%

Alhoewel skaapvleis aansienlik meer as ander vleise gestyg het op die winkelrak, het vleis gemiddeld met 11% gestyg in prys.

Die prys van wyn het gemiddeld met 7% gestyg en vis met 6%, terwyl elektrisiteit met 14% verhoog het.

Met die algemene neiging van stygende pryse waaraan die verbruiker al gewoond geraak het, is dit egter kommerwekkend dat die styging in brandstof gedurig die “oorsaak” word vir verhoogde pryse.