President in spervuur op registrasie dag

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, moes flink din k om al die vrae te antwoord met sy besoek aan die swart gemeenskap wat opgedaag het om te registreer as kiesers in Soweto.

Die eerste dag van registrasies van kiesers was beslis ʼn dag van groot spanning in die ANC hiërargie, en Soweto het dit nie maklik gemaak vir die president nie.

Sy besoek aan Naledi was vol haakplekke toe mense prober het om die president te onderbreek terwyl hy praat om vrae te antwoord.

Inwoners het ook hulle woede gewys met die swak dienslewering in die gebied.

Klagtes oor verkragting, moorde wat onopgelos bly, vervolging van misdadigers wat nie plaasvind nie, is deurlopend van die sake wat Ramaphosa moes aanhoor en antwoorde bied.

Die vlak van hoorders is uitgebeeld toe een geskree het hy wil “by die president kom want hy gaan vir ons elektrisiteit gee……”

Later het een glo opgemerk dat die president net soos al die ander, beloftes maak voor die verkiesing, maar daarna word hulle en hulle beloftes nooit weer gesien nie.