Poskantoor sonder mediese skema?

Mediese dienste vir werknemers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan opgeskort word, tensy die sukkelende entiteit met nuwe werkbare planne na vore kom.

Die Poskantoor se pensioenskema is ook op twyfelagtige fondamente, en met sy massiewe handelsverlies, word die moontlikheid van herstel al skraler.

In die Poskantoor se beplanning vir 2021 tot 2024 word geprojekteer dat sy verliese tot R2.5 miljard vir die finansiële jaareinde 2021 kan beloop.

In ʼn verslag wat vrygestel is word verwys na die negatiewe invloed wat die pandemie op die bedryf gehad het. Krediteure, die mediese hulp se bydraes, die pensioen fonds se bydraes en die SA Inkomstediens se verpligtinge is steeds nie betaal nie, en “sal daar voortgegaan word om nie betaal te word nie, behalwe as dringende finansiële hulp verkry word”.

ʼn Woordvoerder, Johan Kruger, het bevestig dat die Poskantoor nie sy bydraes tot die werknemers se mediese skema en die pensioenfonds betaal het nie weens die finansiële onvermoë.

Tot op datum is die Poskantoor steeds R543 miljoen verskuldig aan die aftree fonds, en daar is tans 15,500 mense werksaam in die Poskantoor.