Pole kondig noodtoestand af

Die konserwatiewe regering in Pole het besluit om ʼn 30 dae noodtoestand in die land aan te kondig weens die instroom van vreemde immigrante uit die buurland Belarus.

Pole hoop om met die noodtoestand te keer dat vlugtelinge en immigrante uit ander lande die land binnekom.

Die Europese unie het Belarus se omstrede president daarvan beskuldig dat sy land met opset die vlugtelinge oor die grens na ander lande toelaat.

Die regering van Pole het die Poolse President, Andrzej Duda, versoek om n deklerasie van noodtoestand uit te vaardig en aan te kondig. Die noodtoestand sal klaarblykl;ik net van toepassing wees op ʼn strook langs die grens met Belarus.

Die Poolse regering het met die plan na vore gekom nadat meer as 3,000 immigrante probeer het om van Belarus oor die grens na Pole te gaan.

Die diktator, president Alexander Lukashenko van Belarus word deur die EU en die Poolse regering verdink daarvan dat hy agter die hele onwettige optrede van vreemdelinge sit en daarmee die spanning met buurlande verhoog.