Pole in opstand teen Belarus

Die regering van Pole beskuldig Belarus van “georganiseerde storm” van sy grens nadat vier mense, klaarblyklik vlugtelinge, dood gevind is.

Pole het besluit om sy grens met Belarus verder te beskerm en het nog 500 bykomende troepe na die streek gestuur.

Die regering in Pole sê as dit nodig word, sal nog meer troepe na die grensgebied gestuur word nadat vasgestel is dat die vier mense wat dood is, wel vlugtelinge is.

Die regering sê die aanhoudende pogings van vlugtelinge om die grens na Pole te beweeg, word deur Belarus en met die hulp van Rusland gedoen om die lidlande van die Europese Unie te destabiliseer.

Vroeër het die Poolse regering gesê hy oorweeg dit om ook ʼn muur op te rig wat Belarus veel doeltreffender sal afsonder van Pole.

Die Poolse Eerste Minister sê sy land maak gereed vir enige gebeurlikheid aangesien Belarus met ʼn goed georganiseerde aksie vanuit sy hoofstad Minsk poog om die streek te destabiliseer.