Plakkerskamp korrupsie van R15 miljoen

In die Limpopo provinsie, naby Tsaneen, is die Talana plakkerskamp tender ingeklee met beweerde bedrog en korrupsie.

Gekookte dokumentasie, en die oprigting van ʼn klein gedeelte van die verwagte sink strukture, is opgerig en nie naastenby wat volgens die kontrak opgerig sou word nie.

R15,3 miljoen se kontrak het baie min van die strukture gelewer, en die een op die foto het sowat R60,000 gekos.

 Ondersoek word glo gedoen na die R15.3 miljoen Talana plakkershuis projek wat na bewering toegeken is op ʼn wyse wat as bedrog en korrupsie beskou word.

Die Spesiale Ondersoek Eenheid is tans besig om vas te stel wat alles gebeur het, en wat die rede is waarom die kontrak nie volledig afgehandel is nie aangesien 192 strukture opgerig moes word.

Die ondersoek sal ook behels om vas te stel wie almal agter die nedrog en korrupsie sit, en wat elkeen uit die bedrog ontvang het vir hulleself.