Parys burgemeester mik na presidentskap

Die Sosialis, Anne Hidalgo, wat die uittredende burgemeester van Parys is, mik nou om as kandidaat te staan vir die amp as Frankryk se president.

Sy beskuldig die Franse president, Emmanuel Macron, daarvan dat hy die Franse volk verdeel, terwyl sy daarvan beskuldig is dat sy verantwoordelik is vir die lugbesoedeling van Parys.

Indien sy verkies sou word tot president, al dit die eerste vroulike president wees wat in Frankryk regeer.

 Hidalgo word egter van talle dinge beskuldig en alhoewel sy die stad se verkeer verbeter het met fiets paaie, word sy ook aangekla dat sy verantwoordelik is vir baie vuil strate en lugbesoedeling weens swak beheer oor nywerhede.

Daarbenewens is die sosialiste en ander linkse partye erg verdeeld, wat in ʼn finale rondte van stemming teen haar kan tel.