OVK red ANC van ondergang

Die sogenaamde Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het aangekondig dat die registrasie van kiesers en kandidate heropen word.

Met die besluit word die Grondwet verkrag en is die regstelsel finaal nek omgedraai wat betref eerbare optrede ingevolge wetsbepalings.

Die ANC het nagelaat om in sowat 90 gebiede sy kandidate lyste betyds in te handig by die OVK, en met ʼn beweerde gekonkel daarin geslaag om die registrasie datum te verskuif sodat die ANC gered kan word van algehele ondergang, sê opposisie partye.

In vorige gevalle waar opposisiepartye vertoë gerig het dat die datum uitgestel word, het die OVK voet by stuk gehou, maar met die regerende party word daar afgewyk, sê politici wat met weersin na die gebeure verwys.

ʼn Politieke ontleder van Pretoria sê die besluit van die OVK is eerstenns die duidelikste bewys dat die regstelsel tuimel, en dat die ANC wegkom met ongerymdhede, wat sterk herinner aan die Mugabe-styl van weleer in Zimbabwe.